Gert Sarrisam

Ons boeke

As murasies kon praat

As murasies kon praat

Gert Sarrisam se nuutste bundel na Vonke uit die koeroeklip — vrystories, bakleistories, hartseerstories en lagstories uit Namakwaland. Ware verhale oor bekende karakters en gebeure, van Robey Leibbrandt se spioenasie aan die Weskus tot die kubuskoors van die 1980's. Bewaarwerk vol humor en stoutigheid wat geskiedenis en vertelwyse laat herleef.

R150.00

Bestel nou
Rimpelings van die Sybille

Rimpelings van die Sybille

Gert Sarrisam se eerste roman ná sy twee kortverhaalbundels. Gedurende die Anglo-Boereoorlog strand die Britse verkenningskip HMS Sybille in 'n storm suid van Lambertsbaai, regoor Steenbokfontein. Dirk Burger se haat vir die Engelse bots met die liefdesverhaal tussen sy dogter Martjie en die Britse vlootingenieur Harry Blades — wie gaan uiteindelik seëvier?

R150.00

Bestel nou
Vammelewe se vuurstories vat vlam

Vammelewe se vuurstories vat vlam

Die vyfde boek uit die pen van Gert Sarrisam — vuurstories rondom die Namakwalandse kookskerm waar families gesellig gekuier en oumense die kleurvolste verhale gesny het. 'n Reis deur die wel en wee van die mense van Namakwaland, soms met 'n traan en heimwee, maar meestal met 'n glimlag.

R250.00

Bestel nou
Vonke uit die koeroeklip

Vonke uit die koeroeklip

Die skrywer herskep die ongerepte jeugwêreld van elke Namakwalander — herinneringskuns uit die Sandveld met die dikwels krapperige verhouding tussen pa en seun, waar deernis nooit ontbreek nie. Verfrissend en verrassend soos 'n bos bloulelies uit die Sandveld.

R150.00

Bestel nou