Lesers laat weet……
“Ek is besig om Vonke uit die Koeroeklip te lees, maar ek rek dit stadig oor die aande uit sodat dit nie te gou sal vebygaan nie. Baie dankie vir jou lewenskragtige herskep van 'n era en 'n landskap en sy mense, wat met die fyn hard van 'n kieskeurige meester uit die klip gesplits word.”
“Mnr. Engelbrecht, daar is 'n gesegde: As jy slim is, hoef jy nie geleerd te wees nie. Die manifestasie daarvan het ek nou weer ondervind met die lees van Vonke uit die koeroeklip.”
“Kyk, ek het die boek behoorlik gepruim en sommer die twaksop ingesluk.”
“Ek het al sommer in die eerste hoofstuk in dieselfde paragraaf geskater en gehuil, en dit sê baie vir jou skryfkuns.”
“Ek lag vannag twee-uur my vrou skoon wakker en die kat spring los van die bed af soos ek lag oor die kinderdae op Wallekraal.”
“Ek kan nie begin om jou te vertel hoeveel plesier die lees my verskaf het nie. Ek het soos my oupa Gideon onder in my maag begin lag.”
“Gert, in Montagu woon 'n groot bewonderaar van jou skryfkuns. Ek het jou lieflike memoir Vonke uit die Koeroeklip met smaak en genot oor etlike dae gelees en ook vir my moeder, Madelein van Biljon gegee.”
“As Vonke 'n juweel is, dan is Murasies sowaar 'n halssnoer. Baie dankie dat al hierdie verhale en karakters geboekstaaf is. Hierdie boek, As murasies kon praat, is 'n sieraad en ek is trots om dit op my boekrak te kan hê.”
“Gert Engelbrecht, die skrywer van Sarrisam, ons salueer jou, want jou nalatenskap is kosbaar vir die skatkis van nasiebou, jou pennevrug is 'n heerlike reis sonder enige mite, of is dit wat ek hoor dalk 'die fluistering van die wind deur die riete?'”
“Ek het altwee Gert se kortverhaalbundels gelees. Wat wel duidelik is, is dat Gert van Suid-Afrika se heel beste beskrywers van streekgeskiedenis is. Ek het geen skaal waarvolgens ek jou kan meet nie, Gert, maar wat ek gelees het is uitstekend geskryf.”