Plaasmuseum
Tydens die 80tigerjare het ons op die plaas begin om in die blommeseisoen gaste te huisves. Hulle intense belangstelling in ons streek en sy mense het ons laat dink aan die moontlikheid van 'n plaasmuseum.
Hierdie droom het meer as 'n dertig jaar later waar geword. Vandag is ons bevoorreg om aan almal wat ons plaas besoek, ons deure oop te maak om die kosbare oudhede te besigtig.